Print this page

Vriende van die Vrouemonument

Die doel van die Vriende van die Nasionale Vrouemonument is om ‘n ondersteuningsbasis te vestig van vriende wat hul assosieer met die Monument en ook om ‘n finansiële bydrae tot die instandhouding van die Monument te maak.

Die basis van finansiële bydrae is soos volg en daar is verskillende vorme van bydraes om as vriend te kwalifiseer: 

1.

Erelid (Instansie of individu)

Eenmalige bydrae van minstens R5 000

2.

Lewenslange vriend

Eenmalige bydrae van minstens R1 000

3.

Algemene lede

Debietorder van ‘n minimum van R30 per maand

4.

Pensioenarisse (bo 65 jaar)

Bydrae van R100 per jaar

 

Wat die Vriend vir sy/haar bydrae ontvang:

1. ‘n Lapelwapen word aan die vriend gestuur;

2. Die vriend word genooi na alles funksies en projekte wat deur die Nasionale Vrouemonumentkommissie aangebied word;

3. Die vriend het die wete dat hy/sy finansieel bydra tot die instandhouding van ‘n Afrikanerbaken.

4. ‘n Sertifikaat van erkenning word gestuur op die briefhoof van die Vriende van die Vrouemonument.

Aansoekwyse:

1. Doen aansoek op die voorgeskrewe vorm en stuur dit aan die sekretaris van die Nasionale Vrouemonumentkommissie by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  ;

2. Die sekretaris van die Nasionale Vrouemonumentkommissie hou die databasis by en pos die lapelwapen en sertifikaat aan die betrokke vriend.